small font default font large font
Donderdag, 11 Maart 2010
Welkom by Reformia

Stigting En Bestaan

Na 'n inligtingsessie in Oktober 2001 deur Pieter Bischoff van Dirk Postma Skool oor wie ARSO is en waarvoor dit staan, het belangstellende ouers besluit om 'n skool te stig. Centurion Reformia het Januarie 2002 sy deure oopgemaak vir 6 leerlinge in graad R en 2 in graad 1. Juffrou Wilma Kampman het aanvanklik beide graadgroepe hanteer, maar later daardie jaar het Renate van Wyk kom uithelp met die graad R'e. Teen die einde van 2002 het die belangstelling sodanig gegroei dat daar besluit is om tot graad 4 uit te brei. Op die eerste skooldag van 2003 was daar 28 leerders en 4 onderwyseresse sterk. Soos wat die woord versprei het, het Centurion Reformia in 2004 gegroei tot 50 leerders en 6 onderwyseresse, en in 2007 tot 70 leerders, 10 onderwyseresse.

Skoolleuse en -wapen

Tans word al die grade van 00 tot 7 aangebied. Dit sluit ook 'n kleuter afdeling in. Die skoolleuse is gebaseer op Spreuke 1 vers 7: "Kennis begin met die dien van die Here". Deur die Here te dien doen 'n mens kennis op. Hoe meer kennis jy opdoen, hoe meer en beter kan jy die Here dien wat lei tot nog kennis. Die Woord is die inhoud van ons kennis en as uitvloeisel daarvan is die boom 'n simbool van ons diens. Met ons wortels in God se Woord geanker het ons 'n voortdurende stroom lewende water wat ons voed sodat ons vrug kan dra, nie sal verdroog nie maar vas sal staan deur storms.

 

Lees meer...
 
Veldskool
Sondag, 07 Maart 2010 13:01
DSC01966.JPG
Kom loer hier watse avontuur en pret ons graad 7s by die afgelope veldskool gehad het.  Ons hoop om binnekort 'n volledige verslag van die gr7s hier te plaas.
Lees meer...
 
Huissport 2010
Sondag, 31 Januarie 2010 21:08
S5009009.JPG
Hier onder by "lees meer" kan die volledige uitslae van die huissport besigtig word.  Ons is nog op soek na fotos en dalk 'n nuuswaardige bydrae om hierdie artikel 'n bietjie in te kleur.

Lees Verder
 
Lentedag '09
Vrydag, 11 September 2009 00:00
DSC01690.JPGHier is 'n paar foto's wat die storie vertel van al die pret wat Reformia se kinders op lentedag gehad het.  Na die lang, kou winter was dit weer warm genoeg vir waterkaskanades.  En was dit nie pret met hierdie groot glybaan vol water en seep.  'n Paar het ook daar na in die sonnetjie gelê en bak.
Lees meer...
 
ARSO Atletiek 2010
Maandag, 01 Maart 2010 07:43

ARSO Atletiek 2010Na ‘n week van oorvloedige reën was daar groot kommer by al die organiseerders.  Hierdie grootse geleentheid waar al die ARSO skole genooi word om hulle staal op die atletiekveld te wys is al ‘n goed gevestigde geleentheid op die kalender.  ‘n Totaal van 7 skole het hierdie uitdaging aanvaar en gesorg vir ‘n vertoning van atlete van hoogstaande gehalte.

Lees meer...
 
Gr 7 Afskeid - Gold Reef City
Vrydag, 13 November 2009 00:00

tnDie graad 7 afskeid was hierdie jaar by Gold Reef City.  Almal het uitgesien na een van baie laastes in die laerskool.  Die groep van 7 het die grootste deel van hulle laerskool tyd saam deur gebring en 'n baie hegte band oor die tyd gesmee. Hier onder is hulle kommentaar op die prettige dag.

Lees meer...
 
Dans en Drama
Woensdag, 02 September 2009 13:55
tnDans en drama is deel van die kuns en kultuur program by Reformia.
Hier word vrye teuels gegee aan verbeelding en word die kreatiwiteit van die kinders beproef en uitgeleef
Lees meer...
 

Nuusbrief

Teken hier in of besigtig argief nuusbriewe
Algemene Nuusbrief



Wat gebeur?

. Vr Mar 12
. Gr.7-fliek
. Vr Mar 19
. Ouma- en Oupadag (Kleuters en Gr. 1)
. Vr Mar 26
. Skole sluit