| Nuwe Maats |
|
|
| Geskryf deur Pieter Bos | |||
| Saterdag, 23 Augustus 2008 19:34 | |||
|
Dit is verbasend hoe goed die ganse en die kinders mekaar verdra. Moet wees oor al die ekstra broodjies en ander lekkernye wat almal so mildelik uitdeel. En hoe goed het hulle nie aangepas nie. Skaars twee weke na hul aankoms en daar lê al reeds die eerste groot ganseier. Ons is ook dank baar vir Oneas wat gesorg het vir n heerlike plas dammetjie en n snoesige nessie. Oneas het voorwaar baie talente en is meer as net n terreinbestuurder. Hoewel ons ganse nou nie goue eiers lê nie, hoop ons om binnekort n paar nuwe donsies in die dammetjie te sien.
|
|||
| Laas Opdateer op Saterdag, 23 Augustus 2008 19:42 |
Argief
Wat gebeur?
* So Sep 05 |
* Vr Sep 10 |
* Sa Sep 11 |




