| Mini Argus '08 |
|
|
| Geskryf deur Pieter Bos | |||
| Sondag, 31 Augustus 2008 15:16 | |||
|
Alles was goedgeorganiseer. Elke deelnemer het n inskrywingskaart gekry wat met speldjies op die rug vasgesit is. Verskillende kleure vir elke ouderdomsgroep en kontrolepunt. Met elke rondte is daar n kleur plakker op die inskrywingskaart geplak. Daar was ook gesorg dat die fietsryers genoeg energie en n ietsie te drinke gedurende die wedren kon kry. By elke kontrolepunt was daar (professioneel, soos by n regte wedren) watersakkies en n hele bak vol soetgoed gewees. Terwyl die fietsryers fluks aan die gang was, is daar in die middel van "Oval" in Irene voorberei aan heerlike worsbroodjies. Ietsie koels was ook aangebied vir al die ondersteuners (pappas, mammas, oupas en oumas). Na afloop van die wedren is al die inskrywingskaarte nagegaan en n sertifikaat aan elke deelnemer uitgedeel met die aantal rondtes gery daar op aangedui. Die hoeveelheid fondse ingesamel en meeste rondtes gery sal binnekort hier aangedui word. Kom kyk gerus weer n bietjie later as jy van hierdie statistiek wil verneem. Fotos
|
|||
| Laas Opdateer op Sondag, 31 Augustus 2008 15:25 |
Argief
Wat gebeur?
* So Sep 05 |
* Vr Sep 10 |
* Sa Sep 11 |




