| Skoolkonsert |
|
|
| Geskryf deur Pieter Bos | |||
| Saterdag, 20 September 2008 16:56 | |||
|
Die geleentheid van die jaar het aangebreek! Dit het al tradisie geword om elke tweede jaar n skoolkonsert aan te bied. Hierdie jaar het juffrou Marina die uitdaging aangepak en n groot sukses daarvan gemaak. Die eerste konsert sonder dat daar regtig n saal was om in te oefen. Op die bus was Reformia se eerste konsert vandat die nuwe skoolgebou in gebruik geneem is. Van die begin van die derde kwartaal is daar al hard geoefen aan die musiek. Dit was veral die seuns wat hard moes konsentreer om al die stappies en passies reg te kry. Die konsertaand was ongelooflik. Met die tegniese bystand van die ouers wat gehelp het met klank, beligting, regskuif, kos, drinkgoed .... en vele meer, kon dit ook nie anders nie. En die vol saal het die feestelikheid tot n hoogtepunt gebring. Wat hierdie jaar se konsert nog meer besonder gemaak het is dat dit n internasionale konsert was. Ja, daar was ook hierdie jaar ook 4 Nederlanders in die konsert. En het hulle nie die gehoor op hulle voete gehad nie! Van tande borsel tot Supermaaaan! Hier onder is n paar fotos vir die van julle wat so ongelukkig was om die geleentheid misgeloop het. Of sommer net om weer te kyk na die mooi gesiggies en kleurvolle kostuums.
|
|||
| Laas Opdateer op Woensdag, 01 Julie 2009 15:48 |
Argief
Wat gebeur?
* So Sep 05 |
* Vr Sep 10 |
* Sa Sep 11 |





