small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Toe die skroef begin draai .. en ons vir almal waai Afdruk E-pos
Geskryf deur Riani Sieberhagen   
Dinsdag, 04 November 2008 17:31

graad 7 helikopter rit2.JPGOns Gr.7 klas het die coolste afsluiting gehad ! Ons almal, en juf Elize het op ‘n helikopter rit gegaan !

 

 

 

 

graad 7 helikopter rit2.JPGOp Saterdag, 1 November het ons sommer al agt uur by die skool bymekaar gekom. Vandaar het ons vertrek na die Zwartkop lugmagbasis. Omdat daar ‘n skou was kon ons almal na die vliegtuie kyk en rondstap. Na ‘n lang ongeduldige wag kon ons uiteindelik half elf op die helikopter klim. Ons was almal vreeslik opgewonde! Dit was ’n geskarrel en nadat ons almal plekke gekry het om te sit het ons opgestyg. Dit was vir elkeen van ons iets nuuts, iets wat ons nog nooit beleef het nie. Mens kon nie eers hoor wat iemand vir jou se as hulle nie skreeu nie. Na ‘n ruk in die lug het een van die bemanningslede opgestaan en ons almal het begin wonder of daar dalk iets fout was. Hy maak toe die deure oop en die wind het baie sterk ingewaai. Die meisies se hare het pen orent gaan staan. Dit was veral baie lekker as die helikopter skuins gedraai het en dit voel of ons gaan uitval. Hy het laag oor die water gevlieg en die mense het almal vir ons gewaai. Die hele Gr.7 klas het in een asem saamgestem: “Ons sal dit defnitief weer doen!” Baie dankie oom Wessel, ons sal dit NOOIT vergeet nie.
Laas Opdateer op Woensdag, 01 Julie 2009 15:47