small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Shavathon 09 Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Bos   
Woensdag, 18 Maart 2009 12:27

IMGP6791.JPGElke jaar probeer Reformia om 'n kultuur van bydrae tot die gemeenskap en tot liefdadigheid te vestig. Heelwat projekte word deur die jaar aangepak. Sommige met 'n finansieele fokus ander weer met 'n etiese of emosionele bydrae.

Die Shavathon is een van daardie geleentheid om op 'n pret manier medelye te wys aan die kankerlyers en gelyktydig 'n finansiele bydrae te maak. Heelwat van ons leerlinge en hul ouers het op 'n direkte of indirekte wyse tedoen met kanker lyers in die familie of onder hul vriendekring.

Meeste kinders het mee gemaak aan die kleur van hulle hare, maar daar was ook 'n hele paar wat braaf genoeg was om die skeermes aan te durf. Sommige van die ouers het ook meegedoen met hierdie geleentheid.

Dankie aan almal wat bygedra het en wat gehelp het met die organisering. Vir 'n klein skooltjie kon Reformia 'n mooi bedrag van oor dir R700 met die geleentheid aan CANSA (Cancer Assosiation of South Africa) oorhandig.

Hier onder 'n paar fotos van die geleentheid.

Foto's:


Laas Opdateer op Woensdag, 01 Julie 2009 15:38