small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Pretaand Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Bos   
Vrydag, 21 Augustus 2009 00:00
imgp7730.jpgDie seniors van Reformia het die afgelope Vrydag amper iets soos 'n vroeë lente dans gehad.  Nie almal het dieselfde idee van so 'n geleentheid gehad nie.  Party het met sweetpakke en tekkies aan. groot pret gehad om die kampvuur aan die gang te hou.  Van die meisies was deftig uitgevat.  Sommige gestewel en gespoor en ander weer asof die somer al lankal hier is.

Tog was dit 'n aand vol pret.  Met versierings en musiek - van die nuwer soort - is daar geskud, in groepe gedans, en treintjie gemaak.  Sommiges het ook hulle individuele vermoëns ten toon gestel.  Tussen deur was daar geëet en gedring - koeldrank - 'n klein vuurwerk vertoning en speletjies gespeel.  Alles en alles 'n baie geslaagde aand.  Baie dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het dat ons kinders ook op so 'n manier kan sosialiseer.

Hier onder 'n paar foto's.


Laas Opdateer op Donderdag, 27 Augustus 2009 09:04