small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Gr 7 Afskeid - Gold Reef City Afdruk E-pos
Geskryf deur Die Graad 7's   
Vrydag, 13 November 2009 00:00

tnDie graad 7 afskeid was hierdie jaar by Gold Reef City.  Almal het uitgesien na een van baie laastes in die laerskool.  Die groep van 7 het die grootste deel van hulle laerskool tyd saam deur gebring en 'n baie hegte band oor die tyd gesmee. Hier onder is hulle kommentaar op die prettige dag.

DSC01802.JPG
Alida: Dit was baie lekker. Ek dink dat die “run-away train” baie lekker was. As mens in die “run-away train” klim dan is dit “boring” aan die begin, maar dan raak dit lekker. Dit was ook lekker om te kyk hoe almal skee! Behalwe dat ek ‘n “hoender”was was dit lekker.

 Jan-Theunis: Dit was baie lekker, veral op die Jozi Express, want hy was great. Ek was ook een keer op die Golden Loop. Juffrou Marietjie was cool, en dit was baie lekker saam met haar.

Gerdes: ODSC01749.JPGns het op so veel moontlik rides gegaan, omdat dit on laaste keer saam was. Almal het dit baie geniet.

William: My voete was baie seer.

Mari: Dit was awsome! Die Golden loop, Anaconda en Jozi Express was die beste! Baie scary was die Anaconda, Tower of Terror en die Golden Loop, maar feitlik was alles baie, baie lekker! Ek het net nie op die boring goed gegaan nie! Die Tower of Terror is baie lekker, maar was te vrek scary! Ons het lekker kos geëet. Ek en Alida het wraps (hoender) geëet wat baie groot was. Ons kon dit nie klaar kry nie.DSC01748.JPG

Lourens: Dit was bie lekker en ‘n groot belewenis. Die roller-coasters waarop ons gery het was o.a. die Golden Loop, die Jozie Express, die Anaconda die Tower of Terror en die Run-away Train. Die ander rides waarop ons was, was die Dream Boat, en die “Spinny” swaaie. Die Tower of Terror was regtig lekker en scary. Ek wou die UFO ry maar dit was toe. Ons het baie geëet en gedrink. Ons het gedink dit gaan reën, maar toe was dit baie warm. Al wat nie lekker was nie, was dat van die rides toe was en ons moes baie lank loop en lank wag by die rides. Ek wil dankie sê vir Juff. Marietjie en haar man, Oom Pieter, wat saam met ons gegaan het. Dit is iet wat ek nooit sal vergeet nie.DSC01795.JPG



Simeon:
Dit was baie lekker.  Die lekkerste ride was die Jozi Express.  Die een ride wat ek nooit sal vat nie is die Anakonda.  Ek sal miskien die Tower of Terror nog ander keer probeer.







Nog Foto's


Laas Opdateer op Sondag, 15 November 2009 17:24