| ARSO Atletiek 2010 |
|
|
| Geskryf deur Pieter Bos | ||||||||
| Maandag, 01 Maart 2010 07:43 | ||||||||
Bladsy 1 van 3
Daar was ook baie goed gesorg vir die besoekende ouers en ondersteuners. Die keuse van ietsie te ete het ‘n wye verskeidenheid gedek van gevulde vetkoek, pannekoek, aartappel op ‘n stokkie, melk ysies, boerewors, koeldrank, .... Die gees op die paviljoene was oorverdowend met tye. Atlete, ondersteuners, oupas en oumas het almal gedeel in die aanmoediging terwyl kop-aan-kop wedlope op die baan en die senutergende uitdunne op die veld vir ‘n skouspel gesorg het. Reformia se ouers en atlete wil elkeen bedank wat deelgeneem het en wat gehelp het om hierdie geleentheid aan te bied. Vir ‘n klein skooltjie met min ouers en nog minder personeel was dit ‘n grootse taak wat baie persoonlike tyd en oop beursies gekos het. Ons dank ons God en hemelse Vader dat ons Sy hand van seën kon ervaar. Ook vir die wonderlike talente wat ons kinders ontvang het en op hierdie wyse kon uitleef. Ons weet dat die noodhulp redelik besig was, veral met atlete wat hulle alles op die langafstande gegee het. Met die professionele hantering van elke geval was alles onder beheer en kon self ernstiger insidente flink hanteer word. Die uitslag en ‘n paar foto’s volg op die volgende bladsye.
|
||||||||
| Laas Opdateer op Donderdag, 12 Augustus 2010 08:43 |
Argief
Wat gebeur?
* So Sep 05 |
* Vr Sep 10 |
* Sa Sep 11 |





Na ‘n week van oorvloedige reën was daar groot kommer by al die organiseerders.