small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Netbal en Rugby kliniek Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Bos   
Maandag, 10 Mei 2010 13:23
Dit is altyd lekker om te sien hoe kinders hulle self geniet. Nog meer so as dit met gesonde aktiwiteite is wat hulle op bou en fiks hou.  Die afgelope Saterdag was weer een van daardie dae.  Die rugby- en netbal kliniek saam met ‘n paar ander privaat skole by Bakenkop Laerskool se sportgronde was ‘n groot sukses.
  Reformia was ook baie goed verteenwoordig en het ons trots gehad met die wyse waarop hulle teenoor mekaar en ander spelers optree.  Vir die rugby seuns was dit ‘n heerlike geleentheid om kragte te meet met ander seuns van verskillende ouderdomsgroepe.  Heelwat drië is gedruk ten aanskoue van ‘n klomp breë-bors pa’s en ma’s langs die veld.
 
By die netbal is daar na opwarming eers gefokus op balhantering.  Daar is van ‘n paar interessante oefen tegnieke gebruik gemaak wat ons met vrug in oefeninge sal kan gebruik.  Klein en groot het daar na die wedstryde geniet wat so nou en dan onderbreek is om ‘n fout reg te stel of ‘n tegniek te verduidelik.
 
Dit was ook lekker om so veel ouers te sien wat hulle kinders ondersteun.  Hierdie soort van ondersteuning is uiters belangrik by ‘n ouer gedrewe skool soos Reformia en is bepalend vir die sukses van veral nie-akademiese aktiwiteite by die skool.  Doen so voort!

Foto's
Laas Opdateer op Donderdag, 12 Augustus 2010 08:42