small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Volkspele Aand Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Bos   
Vrydag, 21 Mei 2010 12:33
Wat begin het as 'n bespreking in die dans en drama klas het op die ou einde uitgedraai op 'n groot geleentheid.
 
Dit wil lyk of Volkspele iets is wat al hoe minder bekend is onder ons kinders vandag.  Om seker te maak dat die kinders hierdie, amper eeu-oue, tradisie beter kon ervaar is 'n groot volkspele aand gereël.  
Hugo Lombaard van die Polkadraai Volkspele laer in Centurion het 'n paar niggies saam gebring om die kinders mooi te wys hoe 'n paar van hierdie speletjies gespeel word.  Die kinders het, na 'n aanvanklike skugterheid tussen seuns en dogters, hulle gate uit geniet.  
 
Eers het Hugo in kort verduidelik dat Volkspele in 1914 deur Dr. Pellisier, die andjunkhoof van 'n Afrikaanse Hoërskool in Boshoff begin is.  Hy het op sy beurt weer, na 'n besoek in Swede, gesien hoe dié mense na 'n dag se harde werk, hulle self geniet met volksdanse.
 
Daar na is 'n paar basiese dinge van volkspele vinnig gedemonstreer.  Dat die seuns en dogters as neef en niggie aangespreek word, hoe gebuig en geloop word en om te glimlag en te geniet.  Die enkele speletjies wat geleer is, was Aanstap rooies, Suikerbossie, Ek soek na my Dina en Hoe ry die trein.
 
Om hierdie aand op sy lekkerste te kon geniet was daar ook vetkoek en koeksisters te eet en 'n koppie boeretroos vir die dors.
 
Die mammas en pappas het na 'n pouse ook kans gekry om te wys wat hulle nog van volkspele kon onthou.  Almal het groot pret gehad en dit wil lyk of hierdie 'n gereelde instelling kan word.

Foto's

Laas Opdateer op Vrydag, 21 Mei 2010 13:17