|

-
Sport moet lekker, sosiaal en harde werk wees.
-
Ons wil die kinders leer dat sport deel van jou leefwyse moet wees om sodoende gesond en fiks te bly.
-
Sport leer ons kinders van deursettings vermoë, samewerking, geduld en spangees!

OUERBETROKKENHEID
As ouer skool, is dit juis die ouers van Reformia leerders (Reffies in Sport-terme) wat die sport maak gebeur! Ouerbetrokkenheid is die sleutel tot die bereiking van elke kind se sport-potensiaal! Ywerige en vaardige ouers bied afrigting in verskeie sportsoorte aan, ander tree as beamptes op waar hul kinders deelneem en ander ondersteun luidkeels alle deelnemende Reffies!
DEELNAME
Deelname word ook in elke sportsoort sterk aangemoedig en ons doen moeite om dié Reffie met baie talent te stimuleer en ontwikkel, terwyl ons terselfdertyd poog om ook die Reffie met minder natuurlike vaardighede die basiese beginsels van die betrokke sport te leer.
SPORT AKTIWITEITE by REFORMIA
-
Die kinders is baie entoesiasties oor die krieket, netbal, sokker, en hokkie wat huidiglik by die skool aangebied word.
-
Byeenkomste word teen naby geleë Christelike skole gereël.
ATLETIEK
Die skool se atletiekklub is tans besig om by AGN registreer, sodat Reformia atlete kan deelneem aanklub en skole-ligas.
 |