Die skool beskik reeds oor 17 rekenaars waarvan 7 in aktiewe gebruik is. Leerders vanaf graad 0 kry weekliks geleentheid om hul rekenaar-vaardighede te ontwikkel. Buiten die opvoedkundige waarde van die programme wat gebruik word, raak hulle ook vertroud met die sleutelbord en die gebruik van 'n muis.
Vir graad 0 en 1 word geheue speletjies en 'n wiskunde program gebruik. I n die ouer grade word die wiskunde program en 'n tikprogram gebruik. Vanaf graad 4 word die basiese programme ook aangeleer sodat die leerders teen die einde van graad 7 'n aanbieding in PowerPoint kan opstel.
Daar is ook begin om 'n wetenskap laboratorium op te bou. Ons is nog baie afhanklik van skenkings in die verband. Die gedagte is om die leerders aan eksperimente bloot te stel wat hulle akademiese werk prakties kan maak.