small font default font large font
Sondag, 05 September 2010
Finansies
Skoolfonds en Finansies vir 2010 Afdruk E-pos
Geskryf deur Ellen Chambers   
Woensdag, 18 November 2009 00:00
Reformia is 'n ouer-skool wat uit eie fondse (van die ouers) bedryf word. Vanweë die aard van 'n ouerskool ontvang ons GEEN inkomste of subsidie vanaf die staat nie. Alle kostes word dus gedek deur maandelikse skoolfonds wat betaalbaar is per kind. Die skool is geregistreer as 'n Artikel 21 maatskappy (nie winsgewende bedryf).

  • Om die huidige uitgawes te dek beloop skoolfonds R1150 per leerling per maand.
  • Skoolgelde is betaalbaar vir 12 maande aan die begin van elke maand.
  • Weens die lae skoolfonds in vergelyking met soortgelyke privaatskole is geen glyskaal van toepassing vir meer as een kind uit dieselfde gesin nie.
  • 'n Eenmalige registrasiegeld van R3000 per leerling is met inskrywing betaalbaar. Hierdie registrasiegelde word gesien as 'n nuwe leerlinge se bydrae tot die fasiliteite wat reeds gevestig is.
  • Skoolfonds word deur die begroting bepaal en word jaarliks op 'n algemene ledevergadering in die laaste kwartaal hersien.

Ons probeer om skoolgelde so bekostigbaar as moontlik te maak vir elke Christen ouer wat erns maak met die opvoeding van sy kind. As u dus graag hierdie saak wil ondersteun is u welkom om 'n finansiële bydrae te maak.

Bank besonderhede:

Bank
ABSA
Naam
Centurion Reformia Ouervereniging
Takkode
632005
Rekening
Lopend
Nommer
9101988437
Takkode
632005

Vir verdere inligting, kontak gerus die direksielid gemoeid met die skool se finansies:

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Laas Opdateer op Woensdag, 25 November 2009 06:24
 


Wat gebeur?

* So Sep 05
* Vr Sep 10
* Sa Sep 11

Ondersteun

Ondersteun Kalahari
Verdien kommissie vir
Reformia