Netbal - SACSSA Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Bos   
Saterdag, 10 Mei 2008 04:00

IMGP3956.JPG

Reformia o/11 dogters het die afgelope Saterdag hulle baie goed van hulle taak gekwyt. 

Hoewel die meeste van die dogters in die span nog maar net onder 10 is, het hulle 1 wedstryd gewen, twee gelykop gespeel en net twee verloor.  Dit het hulle ook 'n reserwe plek in die volgende rondte van die SACSSA netbal kampioenskappe besorg.  Hierdie is voorwaar 'n span om dop te hou volgende jaar.

Vir die van die ouers wat, soos ek, soms nog in die duister is oor hoe netbal werk is hier onder 'n uittreksel uit die ATKV se kindertydskrif - Hoezit - wat die heel basiese reëls weer verduidelik.  Vir 'n meer indiepte verduideliking van die reëls klik hier 

  

Toerusting

‘n Netbal en beffies met jou posisie of jou nommer op.  Die baan is in 3 verdeel, met doelpale en doelsirkels in albei doelderdes.  Die afgooisirkel is in die senterderde van die baan. Doel van spelOm soveel moontlik doele aan te teken en te keer dat jou opponente doele kry Span7 Spelers in ‘n span.  Daar is dus 14 spelers op die baan tydens ‘n wedstryd 

Reëls
  1. Elke speler het ‘n spesifieke posisie en elke posisie mag net in ‘n sekere gedeelte van die baan speel
  2. ‘n Senterafgooi word gedoen ná elke punt wat aangeteken is. (Afgooi word afgewissel.  Met ander woorde een span kry na elke tweede doel ‘n kans om af te gooi, onafhanklik wie die doel gegooi het.)
  3. Indien twee spelers saam aan die bal raak, sal die skeidsregter ‘n opskiet doen.
  4. Geen speler mag met die bal hardloop nie. Die bal moet binne 3 sekondes jou hand verlaat.
  5. Geen speler mag ‘n ander speler op so ‘n manier aanraak (kontak) dat dit met die spel inmeng nie.
  6. As jy ‘n opponent verdedig, mag jou voet nie nader as 3 voet (1 meter) aan die opponent wees nie. netbal-posisies.gif
Posisies
  • Doel (D) en hulpdoel (HD) moet saamwerk om doele aan te teken.
  • Aanvallende vleuel (AV) stuur die bal na die doele
  • Senter (S) is die skakel tussen die aanvallende en verdedigende kant.
  • Verdedigende vleuel (VV) verdedig die ander span se aanvallende vleuel.
  • Hulpdoelverdediger (HV) en hoofdoelverdediger moet sorg dat die ander span nie punte aanteken nie!

Ons speel ook dikwels teen Engelse skole, waar die posisie afkortings in engels op die beffies aangebring is.  Hier is 'n tabel wat kan help met die vertaling

GS

Goal Shooter

D

Doel

WA

Wing Attack

AV

Aanvallende Vleuel

GA

Goal Attack

HD

Hulpdoel

C

Center

S

Senter

GD

Goal Defence

HV

Hulpverdediger

WD

Wing Defence

VV

Verdedigende Vleuel

GK

Goal Keeper

V

Verdediger

Foto's


Laas Opdateer op Woensdag, 11 Augustus 2010 22:53